Loading details…
Loading details…
Artist
Ricus Nel se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ‘n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het dié sanger sommer gou by duisende musiekliefhebbers laat aanklank vind. Hoewel Ricus, voordat hy voltyds tot die musiekbedryf toegetree het, by ‘n platinummyn, ‘n tabak koöperasie en ‘n musiekwinkel gewerk het, was musiek dit wat die sterkste deur sy are gepols het. Hy het reeds op 4-jarige ouderdom sy eerste instrument, dromme, begin bespeel - iets wat uiteindelik een van dertien instrumente sou word wat hy bemeester het. Hy het later aangesluit by sy pa-hulle se boereorkes waar hy gedurende sy laerskool- en hoërskoolloopbaan verder kon skaaf aan sy instrumentale-, sowel as sy vokale vernuf. Hy onthou met ‘n glimlag dié “Lekker ou Jan”-tye as van die beste in sy lewe. Nadat hy in 1998 matrikuleer het, het Ricus soos vele ander musikante in kroeë gespeel totdat hy uiteindelik in 2003 sy voet formeel in die deur van die musiekbedryf gekry het as lid van Dozi se orkes by Hartebeespoortdam. Hierna het hy sy talente geleen aan ‘n hele rits groot name se opvoerings, DVD-produksies en TV-reekse, wat Theuns Jordaan en Juanita du Plessis se duet-DVD, Bok van Blerk se orkes, KKNK, Skouspel, Innibos, ‘Dis hoe dit is met Steve’ en ‘Jukebox’ met Kurt Darren insluit. Hy het ook in Londen opgetree tydens die ou UKasie-fees en ook gehore