Loading details…
Loading details…
Artist
Hierdie groep herdefinieër die term “Tuindwergie”. Al wat hulle in gemeen het met die tradisionele verwysing, is dat meeste van die lede nie veel hoër staan as die tradisionele keramiekdwergies in mense se tuine nie. Die samestelling van die groep is wiskundig eenvoudig. 2 Broers + 2 Broers = 4 Bra’s. Pieter de Jager is die vocalist en akoestiese kitaarspeler In die band – ook bekend as Die Kort Dwerg. Hy was voorheen deel van die groep “Revolusie” - het baskitaar en backing vocals gedoen, en lirieke geskryf (nou ook vir die Dwerge). Jean Swiegers is die drommer - ook bekend as De Dwerg. Hy het eers gespeel vir die groep “Vermoor jou Vriende” (die 2007 (Noorde) Rockspaaider wenners), en toe later by “Revolusie” aangesluit. Hy tree ook soms saam met Swiegers Senior op. Dawie de Jager, ook bekend as Die Berg Dwerg, speel baskitaar vir die band. Hy is ook reeds die afgelope 7 jaar lead kitaarspeler vir “Klopjag”. Hierdie groep het reeds duidelike spore in die Afrikaanse musiekindustrie nagelaat. Dawie is waarskynlik die rustigste en mees argelose Dwerg. Daar bestaan ook geen twyfel omtrent die magiese uitwerking wat sy baard op die minder-harige geslag het nie. Emile Swiegers - Die Lang Dwerg - speel lead guitar, skryf songs en doen backing vocals vir Die Tuindwergies. Hy was ook voorheen deel van die band “Revolusie” en speel sedert hy 14 jr oud was vir Swiegers Senior. ‘n Debuut EP deur Die Tuindwergies, is uitgereik 1 November 2009 genaamd “Tuis Gekweek”. Dit het baie verw