Loading details…
Loading details…
Artist
Die Briel-gesin se musiek staan sy plek met reg vol tussen nuwe Afrikaanse klanke wat vandag gehoor word. Die Briels het die eerste “betrokke” musiek in Afrikaans gemaak, dekades voordat mense soos Johannes Kerkorrel en Anton Goosen se Kommissie van Ondersoek dit gedoen het. Hulle het in hul musiek die snelle ekonomiese, politieke en sosiale veranderinge sedert die ontdekking van goud aan die Witwatersrand en die groot depressie van 1929 tot 1933 op ‘n unieke manier gedokumenteer. Daar is die vraag waarom Afrikaanse liedjies in die vroeë jare dertig tot vyftig so deurspek was met gedagtes van lyding, eensame weeskinders, dood, verlange na die ouerhuis en die plaas. Die antwoord lê in die drastiese veranderinge in die sosiaal-kulturele omstandighede van die Afrikaner met die ontdekking van goud in 1886. Na sowat tee eeue van ‘n ongebonde boerelewe het ingrypende veranderings die landelike Afrikaner in die gesig gestaar. Met die runderpes van 1896, die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902, die groot depressie van 1929 to1933 en die groot droogte van 1932 tot 1933 het die Afrikaner baie verarm. In 1921 was daar na raming 120 000 armblankes in Suid-Afrika en in 1934 sowat 300 000 – byna almal Afrikaners. Die armblankes het in hul duisende na die stede gestroom op soek na werk. Waar die Afrikaners vroeër gewoond was aan die rustigheid van die plaas, was hulle nou saamgehok in tente, krotte en blikhuise. Hulle het ‘n ongeskoolde arbeidersklas geword – hulle het steenmakers, m
So Het Hulle Gesing, Vol. 1
The Essential Guide To South Africa

So Het Hulle Gesing, Vol. 3

So Het Hulle Gesing, Vol. 2

SING VIR ONS
So Het Hulle Gesing No. 1
So het hulle gesing
Die Briels Gesin
Afrikana Vol 1

Legendes Van Suid Afrika: Die Briels (Collectors Edition)
So Het Hulle Gesing No. 2
Legendes van Suid Afrika